Akademie logo 

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns

Nuusflits

Inskrywings vir die Studentesimposium 2010 word ingewag.  Meer hieroor onder Studentesimposium 2010.

 

Hoofkeusebalk

Tuisblad
Die Akademie
Museum
Standpunte
Simposium 2009
Akademiepryse 2010
Poort 2010
Taalsake
Taalberaad referate
Publikasies
Woordeboeke
Vakwoordeboek
Elisabeth Eybersbeurs
Studentesimposium 2010
Geskiedenisberaad
Werkgemeenskappe
Sleng-bekendstelling
Nuus
Draer van 'n Droom
Stichting Neerlandia
Robert Pearce
Tuisblad
Tuisblad
Wat doen die Akademie PDF Druk Epos

Die oogmerke van die Akademie as multidissiplinêre organisasie is die bevordering van die wetenskap, die tegnologie en die kunste, asook die bevordering van die gebruik en gehalte van Afrikaans.

Die Akademie is op 2 Julie 1909 gestig en het oor die jare bekend geword weens die gereelde toekenning van literêre pryse (waarvan die Hertzogprys die bekendste is), ander prestigepryse soos die N.P. van Wyk Louwmedalje, sy publikasies (twee gereelde tydskrifte en talle geleentheidspublikasies), die werk van sy Taalkommissie aan die standaardisering van Afrikaans, die talle vakwoordeboeke en terminologielyste wat deur lede van die Akademie opgestel  en gepubliseer is en die Wiskunde- en Geskiedenisolimpiade wat hy aanbied.

Die Akademie het tans meer as 800 aktiewe en ongeveer 300 rustende lede. Lidmaatskap van die Akademie geskied op uitnodiging op grond van besondere prestasies op wetenskaplike, tegnologiese of kulturele gebied.  Die meerderheid van die lede is verbonde aan universiteite en ander inrigtings vir hoër onderwys, wetenskapsorganisasies, die professies en organisasies in die privaat sektor. Lidmaatskap van die Akademie word met die kenletters L.Akad.SA aangedui.


 

Lees verder...
 

Ontwikkel deur GigaSkills Training vir die Akademie