Akademie logo 

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns

Nuusflits

Inskrywings vir die Studentesimposium 2010 word ingewag.  Meer hieroor onder Studentesimposium 2010.

 

Hoofkeusebalk

Tuisblad
Die Akademie
Museum
Standpunte
Simposium 2009
Akademiepryse 2010
Poort 2010
Taalsake
Taalberaad referate
Publikasies
Woordeboeke
Vakwoordeboek
Elisabeth Eybersbeurs
Studentesimposium 2010
Geskiedenisberaad
Werkgemeenskappe
Sleng-bekendstelling
Nuus
Draer van 'n Droom
Stichting Neerlandia
Robert Pearce
Tuisblad arrow Werkgemeenskappe
Werkgemeenskappe en Afdelings PDF Druk Epos
BESTURE VAN WERKGEMEENSKAPPE EN AFDELINGS

Bestuur Werkgemeenskap Pretoria
Dr. Van Zyl de Villiers (voorsitter)
Prof. Elirea Bornman (sekretaris)
Prof Carl Mieny
Dr. M.C. Durand
Dr. Douw Greeff

Bestuur Werkgemeenskap Witwatersrand
Prof. Willie Burger (voorsitter)
Prof. Deon Geldenhuys
Dr. Dan Roodt
Prof. Tina Uys
Prof. Grietjie Verhoef

Bestuur Werkgemeenskap Potchefstroom
Prof. G.A. Lotter (voorsitter)
Prof. E.S. van der Westhuizen (sekretaris)
Prof. J.C. Geertsema
Prof. W.A.M. Carstens
Prof. H. Strydom
Dr. B.W. Richter
Prof. Ernst Breet

Bestuur Werkgemeenskap Vrystaat en Bloemfontein
Prof. H.P. van Coller (voorsitter)
Prof. A.A. Stulting (ondervoorsitter)
Dr. A.A. van Jaarsveld (sekretaris)
Prof. S.W. Schoombie (tesourier)
Prof. F.P. Retief
Prof. W. van der Merwe

Bestuur Werkgemeenskap Zoeloeland
Prof. D.P. Ferreira (voorsitter)
Dr. Louis Fourie (ondervoorsitter)
Prof. Marius Coetsee (tesourier)

Bestuur Werkgemeenskap Oos-Kaapland
Prof. Japie Engelbrecht (voorsitter)
Dr. Annél Otto (sekretaris)
Prof. Gert Jooste
Prof. Henk Pauw

Bestuur Werkgemeenskap Stellenbosch
Prof. W.J. Pienaar (voorsitter)
Prof. F.J. Mostert (ondervoorsitter)
Prof. C.J. Bester (sekretaris)
Prof. Izak Grové
Prof. P.H. Kapp
Dr. J.M.G. Prins
Prof. A.J. Reinecke

Bestuur Afdeling Biologiese Wetenskappe
Prof. Leon van Rensburg (voorsitter)
Dr. E.E. Bruwer (sekretaris)
Prof. J.H.J. van Vuren
Prof. P.P.C. Nel
Dr. M.S. Janse van Vuuren
Dr. G.M.P. Pieterse
Sekundi:
Prof. W. van Hoven (ondervoorsitter)
Prof. Gert Krüger
Prof. P.D. Theron
Prof. W.J. van Aardt
Prof. Louis du Preez

Bestuur Afdeling Chemiese Wetenskappe
Dr. J-R. Zeevaart (voorsitter)
Mnr. E. Snyders
Mnr. I.J. van der Walt
Prof. T. van Ree
Dr. L. den Drijver

Bestuur Afdeling Geneeskunde
Prof. A.A. Stulting (voorsitter)
Prof. A. Lochner (ondervoorsitter)
Prof. P.H.K. Cilliers
Prof. R.C. Franz
Dr. P.J. Reyneke
Dr. L. le Roux
Dr. C. van Marle
Dr. J.S. Loubser
Lt.genl. D.P. Knobel

Bestuur Afdeling Wis- en Natuurkunde
Mnr. Rudi Pretorius (voorsitter)
Dr. Petro Uys (ondervoorsitter)
Dr. Francois Engelbrecht (sekretaris)
Prof. Hennie Alberts
Dr. Jan Gertenbach
Dr. Walter Meyer
Dr. Danie Roos

Afdeling Wis- en Natuurkunde:  Nuusbrief 2008

1.  Waarom 'n nuusbrief? 

Die bestuur is van mening dat 'n nuusbrief van tyd tot tyd nodig is om sake wat spesifiek vir ons afdeling van belang is, onder die aandag van lede te bring.  Die bestuur sien dit ook as 'n instrument om aktiwiteite te bemark en lede daarby betrokke te kry.  Daar word voorsien dat die nuusbrief nie op 'n gereelde basis sal verskyn nie, maar ten minste een maal per jaar, of soos nodig.

2.  Wie is die bestuur?

Vir kennisname verskaf ons hiermee die name, affiliasies en kontakinligting van die aktiewe bestuurslede van ons afdeling.  Lede is welkom om met die bestuur kontak te maak, veral om idees vir en kommentaar oor aktiwiteite deur te gee en sake aan te roer wat betref Afrikaans, die wetenskap en die tegniek.

Voorsitter: Mnr R Pretorius (Dept Geografie, Unisa; ; 012-429-6527)
Ondervoorsitter: Dr P Visser-Uys (SDI; ; 073-9307952)
Sekretaris: Dr FA Engelbrecht (Dept Geografie, Geoinformatika en Meteorologie, UP; , 012-420-4943)

Addisionele lede:
Dr WE Meyer (Dept Fisika, UP; ; 012-420-2637)
Prof C Swanepoel (Dept Besluitkunde, Unisa; ; 012-429-4012)
Dr D vd S Roos (UP-deeltyds; ; 012-361-3117)

3.  Woordeboekwendings
                                                               
Soos u dalk weet, is die Fisika-woordeboek hersien en bygewerk, en kan dit elektronies geraadpleeg word by die volgende internetadres:   http://fskwdb.up.ac.za./

'n Verblydende verwikkeling is dat die Afdeling Chemiese Wetenskappe hard besig is om 'n Afrikaans-Engelse lys van chemieterme gereed te maak, met die oog daarop om dit ook in elektroniese formaat op die internet beskikbaar te stel.

Beste nuus van alles is dat die Afdelings Wis- en Natuurkunde en Chemiese Wetenskappe tans 'n haalbaarheidstudie geloods het om 'n webwerf toegewy aan hierdie twee woordeboeke, op die internet beskikbaar te stel.

Dit laat natuurlik ruimte vir uitbreiding om woordeboeke vir talle ander vakgebiede ook in te sluit.

Die beskikbaarstelling van woordeboeke op hierdie wyse kan 'n groot bydrae lewer om die druk waaronder Afrikaars tans op universiteitsvlak verkeer, daadwerklik te hanteer.  Hierdie belangrike projek behoort beslis ons almal se ondersteuning te geniet.  Enige advies/hulp/idees met die woordeboekprojek sal op prys gestel word.

4.  Wetenskapekspo

Ons afdeling het oor die laaste paar jaar 'n positiewe betrokkenheid by die Gauteng-Noord ekspo vir jong wetenskaplikes gehandhaaf.  Projekte in Afrikaans word beoordeel en pryse in onderskeidelik 'n junior en 'n senior kategorie word toegeken.  Vanjaar sal die Afdeling Chemie met ons saamspan en sal Afrikaanse projekte wat die volle spektrum van Natuurwetenskappe dek (Biologiese wetenskappe uitgesluit), beoordeel word.  Dit maak die trefwydte van ons aksie wyer en bied ook die moontlikheid om meer pryse toe te ken.

Ons gaan egter ook meer beoordelaars nodig hê, en doen hiermee 'n beroep op diegene van u wat ons wel sal kan help om die Afrikaanse projekte te beoordeel, om asseblief onverwyld met die bestuur in verbinding te tree.  Dr W Meyer is die bestuurslid wat met die Ekspo gemoeid is.  Let op dat die datums vir die Ekspo vanjaar Vrydag 5 September en Saterdag 6 September 2008 is.

Daar is ook geleentheid om die Ekspo met beoordeling van alle projekte te help (m.a.w. nie slegs dié in Afrikaans nie). Lede wat in hierdie opsie belangstel, word versoek om 'n e-pos  direk aan Alta van der Merwe te stuur ( ) of hulle kan direk op die internet registeer by http://www.ee.up.ac.za/~iaeste/expo/index.php (kies Noord-Gauteng en dan by die registrasie-opsie “judges”).

5.  Openbare aandsimposium in die natuurwetenskappe

Dit het 'n tradisie geword om iewers gedurende die laaste drie maande van die jaar 'n openbare aandsimposium te hou, en die algemene jaarvergadering van die afdeling daarmee saam aan te bied.  In die verlede is hierdie geleentheid saam met die Afdeling Chemiese Wetenskappe aangebied.  Die bestuur het reeds besluit om hiermee voort te gaan in 2008, met "Aardverwarming/wêreldwye klimaatsverandering" as tema.  Die datum sal binnekort gefinaliseer en dan bekend gemaak word.  Dit sal na alle waarskynlikheid weer by UP aangebied word.  Ons vra by voorbaat u ondersteuning van hierdie geleentheid.  Ons hoop om by hierdie geleentheid ook 'n persverklaring oor aardverwarming te doen, en dit te laat saamval met 'n standpuntartikel hieroor in die SA Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie.  

6.  Simposium vir nagraadse studente in die natuurwetenskappe

Dit sal vanjaar die agtste agtereenvolgende jaar wees wat hierdie simposium vir nagraadse studente in die natuurwetenskappe aangebied word.  Dit is 'n belangrike geleentheid aangesien dit een van enkele forums van hierdie aard is waar studente die geleentheid het om wel hul voordragte in Afrikaans te lewer.  Ons vra dus ook u ondersteuning daarvoor deur byvoorbeeld te oorweeg om dit by te woon of om selfs daadwerlik van hulp te wees met byvoorbeeld beoordeling.  Hierdie simposium vind vanjaar op 31 Oktober by die Universiteit van Johannesburg plaas, met hulle Akademie vir Inligtingstegnologie as gasheer/gasvrou departement.  Mnr R Pretorius is die bestuurslid wat met die studentesimposium gemoeid is.

7.  Ander sake van belang

7.1   Help ons asseblief met voorstelle vir wetenskaplikes wat u dink bydraes van besondere belang gelewer het / steeds lewer en wat ons moontlik vir Akademiepryse kan voorstel.

7.2   Die Akademie is 100 jaar oud in 2009!  Die hooffeesviering sal in Junie 2009 in Bloemfontein plaasvind, maar ander aktiwiteite en feesvieringe word ook in die vooruitsig gestel.  Hou gerus die pos (e-pos) vir meer inligting hieroor dop en kontak ons as u voorstelle hieroor het.

7.3   Help asseblief om wetenskaplike artikels (navorsings- of oorsigartikels) vir Die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie te werf.  Wetenskaplikes publiseer al hoe minder in Afrikaans, wat uiteindellik die voortbestaan van hierdie tydskrif in die gedrang kan bring.

7.4   Help ons asseblief om nuwe lede by te kry en die Akademie so te laat groei - u is welkom om name aan ons deur te gee en ons sal dan sorg dat die nodige gedoen word.

Dit was dan ons eerste nuusbrief!  Daar lê 'n opwindende tydperk vir die Akademie voor.  Ons reken op u geesdriftige deelname aan alle aktiwiteite.

Beste wense tot 'n volgende keer

R.W. Pretorius 

Voorsitter:  Afdeling Wis- en Natuurkunde)

 

Ontwikkel deur GigaSkills Training vir die Akademie